Shell's Corner Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunninghill-rylaan 17, Hunters Home, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Shell's Corner Cottage is 'n selfsorg-ateljeewoonstel in die rustige Hunters Home-woonbuurt in Knysna. Dié woonstel is privaat en het sy eie ingang, maar is vas aan die hoofhuis en dus het gaste heeltyd kontak met die gashere.
Die kothuis is ideaal vir beide vakansiegangers en sakereisigers. Dit is net 5 km vanaf die middedorp, die naaste strand en die wêreldbekende Knysna-koppe. Die kothuis is ook net 'n paar meter van die Knysna Life Privaat Hospitaal af en is dus die ideale oorslaapplek vir gaste die hospitaal moet besoek of wil aansterk.
Die kothuis het slaapplek vir 2 gaste. Die ruim slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n donsveer-matrasoortreksel en gemaklike kussings. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. WiFi is beskikbaar en gaste kan aanlyn-TV, soos Youtube of Netflix stroom. Die kothuis het 'n kombuisie wat met 'n yskas, oond, tweeplaatstoof, broodrooster, ketel en eetgerei toegerus is en daar is 'n buitebraai-area.
Die kothuis is ontwerp om gaste met gestremdhede gemaklike te huisves. Daar is opritte, wye deurgange, sitplekke in die storte, relings in die badkamers en laer skakelaars vir die ligte.
Veiligheid is 'n belangrike prioriteit vir gaste se gemoedsrus. Daar is 'n veiligheidshek by die woonstel se ingang en 'n laserstraal-alarmstelsel met gewapende reaksie. Gaste het ook hul eie paniekknoppie vir noodgevalle.
Daar is ryk plaaslike voëllewe, soos visarende, tarentale, ganse en eende, en die Knysnaloerie is ook gereeld in die tuin te sien. Brulpaddas en die bosbokke is ook soms by die kothuis te sien.
Slaapplek
’n Bespreking by Shell's Corner Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Sunninghill-rylaan 17, Hunters Home, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Shell's Corner Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunninghill-rylaan 17, Hunters Home, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom