5 gaste
2 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - 15 William Brown Rd, 41 Ships Ahoy, Illovo Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Ships Ahoy Holiday Flat bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel op die onderste verdieping in die hartjie van Illovo Beach in Kingsburgh. Die woonstel bied gedeeltelike uitsigte oor die rivier, rietplantasies en die see. Dit is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n naweekwegbreek of 'n ontspanne vakansie.
Dié smaakvol versierde woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort in die tweede badkamer. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die leefarea het 'n rusbank en 'n TV met DStv. Elke kamer het ook 'n waaier. Groot skuifraamvensters laat 'n koel seebriesie toe om deur die woonstel te trek. WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n elektroniese motorhuis reg langs die woonstel en daar is ekstra parkeerplek in die kompleks beskikbaar teen 'n klein, daaglikse fooi. Gaste het afstandbeheerde toegang tot die kompleks en is welkom om gebruik te maak van die gemeenskaplike braaigeriewe in die tuin. Die kompleks is gerieflik geleë, na aan goeie swemstrande met lewensredders en haainette. Daar is baie besienswaardighede in die omliggende area soos winkelsentrums, restaurante, 'n waterpark in Amanzimtoti, Suncoast Casino in Durban, Wild Coast Sun en Aliwal Shoal vir duik-entoesiaste.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lydia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 15 William Brown Rd, 41 Ships Ahoy, Illovo Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ships Ahoy Holiday Flat het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
15 William Brown Rd, 41 Ships Ahoy, Illovo Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang