6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Marine Drive, Sillhoutte 30, Margate, 4270 , KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Sillhouette 30 is 'n selfsorgwoonstel in Margate, 'n rustige kusdorpie op KwaZulu-Natal se Hibiscus-kus. Hierdie aangename dorp het 'n ontspannende atmosfeer met onbelemmerde strande en welige, subtropiese plantegroei wat tot die natuurlike skoonheid van hierdie dorp bydra. Hier kan gaste hul luilekker-dae op die strand deurbring, of die dierebewareas, restaurante, winkels, natuurreservate en gholfbane gaan verken.
Die woonstel is geskik vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak en word gedeel.
Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel met 'n TH teen die muur wat sekere DStv-kanale het. Daar is plafonwaaiers in die sitarea en in al die kamers.
Die leefarea lei na 'n lieflike stoep met buitemeubels, braaigeriewe en 'n uitsig oor die see. Die veilige kompleks het 'n gemeenskaplike braai-area en parkeerplek vir 1 voertuig is in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar. Daar is ekstra gasteparkeerplek vir 1 addisionele voertuig op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 751
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Marine Drive, Sillhoutte 30, Margate, 4270 , KwaZulu-Natal
- Gaste dink Silhouette 30 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Marine Drive, Sillhoutte 30, Margate, 4270 , KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang