8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - 46 Compensation Beach Road, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Simbalina 7 is in Clarkebaai geleë wat 'n gewilde swemstrand met haainette en lewensredders is. Die kompleks is veilig en het elektriese hekke en bied direkte toegang tot die strand. Dit is stapafstand vanaf winkels, kroeë en restaurante.
Dié selfsorg-duplekswoonstel bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers waarvan 3 met see-uitsigte spog. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed, 'n slim-TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die aparte badkamer op die boonste verdieping het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer op die onderste verdieping het 'n koningingrootte-bed en toegang tot die derde badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, eiland met stoele, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 wat verder na 'n sitarea lei. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Let dat 'n kluis nie beskikbaar is nie.
Die sitarea lei na 'n stoep met 'n klein tuin. Daar is ook 'n Weber-braai en gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 390
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 46 Compensation Beach Road, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Simbalina 7 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
46 Compensation Beach Road, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang