15% af Kry 15% af. Geldig vanaf 17 Mrt 2020 tot 13 Apr 2020.
Dullstroom Akkommodasie by Skye High - House & Cottage | LekkeSlaap
+28
+28

Skye High - House & Cottage

  • Spesiale Aanbod - Kry 15% af
  • Vanaf R4 800 R4 080 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bloukraanvoël-rylaan 15, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Skye High - House & Cottage bied selfsorgverblyf in Dullstroom, 'n bekoorlike dorpie in Mpumalanga. Die hoofhuis en kothuis word as 'n geheel bespreek.

Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n toegeboude stoep met 'n lekker groot binnebraai of kaggel. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die derde slaapkamer het ook 2 groot driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die slaapkamers het almal elektriese komberse, paneelverwarmers en haardroërs. Badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, gasstoof met elektriese oond, elektriese braaipan, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en 'n opwasarea.

Die kothuis is apart van die hoofhuis en bied slaapplek aan 4 gaste. Die slaapkamer is ingerig met 1 koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort. Die leefarea het 2 enkelbeddens, en deel die hoofslaapkamer se badkamer. Daar is 'n oopplan-kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond, ketel en 'n opwasarea. Elektriese komberse, paneelverwarmers en haardroërs word ook verskaf. Die Kothuis word nie aan ander gaste verhuur indien die huis verhuur word nie.

Die kothuis het 'n ruim onderdakstoep. Buite is daar nog 'n braai en veilige parkeerplek agter hekke. Skye High - House & Cottage is troeteldiervriendelik.

Gratis WiFi word voorsien

Doendinge in die omgewing sluit perdry, visvang, voetslaan, voëlkyk en kunsvlieghengel in.

Slaapplek

’n Bespreking by Skye High - House & Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 24 resensies vir Skye High - House & Cottage
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Bloukraanvoël-rylaan 15, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Skye High - House & Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R4 800
Vanaf R4 080
per nag (vir 8 persone)
was R4 800
Vanaf R4 080
per nag (vir 8 persone)
was R4 800
Vanaf R4 080
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bloukraanvoël-rylaan 15, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGKK20HqpnMtKErwlUTl9Nxsp9lFEivE7tXt3UH2ECngL2vqkxc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R4 800, nou Vanaf R4 080  per nag (vir 8 persone) 24 5 1 5 15 Blue Crane Drive Dullstroom 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -25.414744159714 30.105753690004
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za