Sleepers Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sleepers Guest Lodge is in die dorpie Bloemhof in die Noordwes geleë. Vir 'n welverdiende nagrus is dit die ideale plekkie vir rus en vrede weg van die geraas van die hoofstraat se verkeer. Bloemhof is 'n klein dorpie op die oewer van die Vaalrivier en naby die Bloemhofdam Natuurreservaat. Dit bied gaste die kans om 'n verskeidenheid dier- en voëlspesies van naby te aanskou, of sommer net om lekker te kom visvang in die dam en rivier.

Verblyf word aangebied in 8 goed toegeruste kamers. Ses van die kamers het slaapplek vir 1 tot 3 gaste en 2 van die kamers het slaapplek vir 6. Die beddens is netjies oorgetrek met vars, wit linne en donsige duvets waaronder jy lekker kan opkrul in netjiese en skoon kamers. Vir gaste se gerief het elk van ons kamers 'n privaat en suite-badkamer, WiFi, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamers is ook nuut opgeknap en weerspieël 'n opgedateerde, elegante gevoel met moderne geriewe wat 'n huislikheid aan die kamers gee.

Ontbyt en aandete moet asseblief vroegtydig bespreek word. Dit word in die eetkamer op die perseel bedien. 'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar. Die perseel is ommuur en daar is veilige parkeerplek beskikbaar.

Die kombinasie van Sleepers Guest Lodge se hartlike gasvryheid en goed toegeruste kamers verseker goeie waarde vir geld.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sleepers Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]