Sodwana Bay Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sodwana Bay Lodge skuil agter die hoogste plantbegroeide sandduine in die wêreld en is sowat 5 km van die see af in die hartjie van Maputaland geleë. Die lodge is noukeurig ontwerp om die ongekunstelde, omgewingsvriendelike aard van die streek te weerspieël.

Die riet- en grasdak-chalets sal voldoen aan al jou verblyfbehoeftes. Elkeen van die 21 chalets het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet, 'n yskassie, sekere DStv-kanale, telefoon, kluis, haardroër, plafonwaaier en koffie- en teemaakgeriewe. Die eenhede word daagliks skoongemaak.

Sodwanabaai staan bekend as een van die wêreld se beste duikplekke. Die mees suidelike koraalriwwe ter wêreld is hier geleë en bied 'n tuiste vir koraalvisse, rôe, palings en seeskilpaaie. Walvishaaie, dolfyne, haaie en walvisse kom kuier ook gereeld hier. Die skeurtandhaaie maak ook in die somer gereeld hier 'n draai.

Sodwana Bay Lodge Scuba Centre ('n 5-ster PADI- en IDC-duiksentrum) is in die hartjie van die lodge geleë. Klop hier aan vir skubaduik-uitstappies, skubaduik-kursusse (PADI) en duiktoerusting.

Leatherbacks Seafood & Grill is langs die duiksentrum geleë. Hier kan jy smul aan die stewige geregte op die à la carte-spyskaart en 'n heerlike verskeidenheid pizzas. Die Pool Bar is onder die restaurant en is ideaal vir besoekers wat 'n drankie wil geniet, wil swem, sonbaai of 'n bietjie snoeker wil speel.

Magnum Fishing Charters maak voorsiening vir besoekers wat met die magtige marlyne en ander roofvisse wil stoei. Voldag- en halfdag-uitstappies is beskikbaar.

Ons bou aan 'n groeiende reputasie as 'n gesogte bestemming vir stimulerende spanbousessies en klein konferensies en ons maak voorsiening vir tot 40 afgevaardigdes op 'n slag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sodwana Bay Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za