Son-n-See
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Prys sluit in
- Son-n-See
- Selfsorg
Belasting en Ekstras
Die balans is 7 dae voor die inklokdatum betaalbaar.
Inklok is nie op Goeie Vrydag, Kersdag of Nuwejaarsdag moontlik nie.
Sleutel- en breekskadedeposito:
'n R1000 sleutel- en breekskadedeposito is betaalbaar saam met die deposito vir die bespreking. Dit is terugbetaalbaar via bankoorplasing binne 5 tot 7 werksdae na die uitklokdatum, nadat die huis nagegaan is om te bevestig dat alles in orde is. Let asb. daarop dat die sleuteldeposito teruggehou sal word en ekstra fooie gehef sal word indien meer gaste as waarvoor bespreek is op die perseel aangetref word. Voorsien asb. jou bankbesonderhede met aankoms. Sleutels sal nie onder enige omstandighede oorhandig word as die sleutel- en breekskadedeposito nie ontvang is nie.
'n Nie-terugbetaalbare troeteldierfooi van R200 moet saam met die balans 7 dae voor die inklokdatum betaal word.
Minimum-verblyftydperk:
2 nagte gedurende die laag- en midseisoen.
3 nagte oor langnaweke.
4 nagte oor Paasnaweek.
7 nagte in hoogseisoen.
Gaste moet asb. eers by ons kantore kom inklok en hul sleutels kom afhaal.
Wanneer jy by Paternoster inry, draai jy links by die vierrigtingstopstraat. Die Stay in Paternoster-kantoor is omtrent 75 m verder aan die regterkant by 87 St Augustinestraat geleë.
Inkloktye:
Let asb. daarop dat 'n heffing van R200 betaalbaar is, indien jy later inklok as die tye wat op ons B&V's aangedui is.
Maandag tot Donderdag: Van 14:00 tot 17:00.
Vrydag: Van 14:00 tot 19:00.
Saterdag en Sondag: Van 14:00 tot 16:00.
Openbare vakansiedae: Van 14:00 tot 16:00.
Uitkloktyd: Stiptelik om 10:00.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 85%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 20%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1000 moet direk aan die instansie betaal word.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoge-keeromstraat 10, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom