Spindrift Self-Catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Spindrift Self-Catering Apartments is ’n gastehuis in Kleinemonde, sowat 10 minute se ry vanaf Port Alfred op die R72. Dié gewilde kusdorpie is halfpad tussen Port Elizabeth en Oos-Londen geleë en het pragtige strandmere wat dit die ideale plek vir volwassenes en kinders maak. Gaste kan die lang, ongerepte strande, die warm Indiese Oseaan en getypoel geniet. Kleinemonde is die ideale plek vir ’n gesinsvakansie en is ’n voëlkykersparadys.

Selfsorgverblyf word in ’n hoofhuis en 2 woonstelle gebied, een aan elke kant van die huis met tussendeure. Die huis kan apart gehuur word, of saam met 1 van die woonstelle vir groter groepe of gesinne.

Dié eenhede is slegs 120 m van die strand en die Oosstrandmeer af. Spindrift is in 'n parkomgewing met grasperke wat ideaal is vir die jongspan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Spindrift Self-Catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za