Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Springholm Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Curry's Post-weg, Springholm Plaas, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Springholm Cottages is langs 'n pragtige meer in die hartjie van die prentjiemooi Natalse Middellande geleë. Hier kan gaste rustigheid en gasvryheid beleef. Die kothuise is 12,6 km vanaf Nottingham Road en het die ideale ligging vir diegene wat die Middellande wil verken.

Verblyf is beskikbaar in 6 volledig toegeruste selfsorgkothuise en 3 kamers in die hoofhuis, asook 1 wittebroodsuite. Drie van die kothuise is reg langs die meer en al die kothuise bied pragtige uitsigte. Elke kothuis beskik oor 'n oopplan-leefarea met 'n volledig toegeruste kombuis, 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kothuise het ook elkeen 'n TV met 'n DStv-hotelpakket. Elke kamer in die hoofhuis het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, tee-en koffiemaakgeriewe en 'n TV met 'n DStv-hotelpakket.

Gaste moet hulle eie visstokke saambring om in die meer op 'n vang-en-vrylaat-basis vis te vang. Pieknieks kan gereël word, of gaste kan die koffiewinkel by Brahman Hills besoek vir 'n heerlike middagete, gevolg deur 'n drankie op die dek met lieflike uitsigte. Die ondergrondse Copper Bar is ook daagliks tot 18:00 oop.

Aktiwiteite in die omgewing sluit bierproe, bergfietsry, velddraf, voëlkyk, visvang en pieknieks in. Kom verken die Midlands Meander met al sy winkels, brouerye, eetplekke en aktiwiteite.

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 12 resensies vir Springholm Cottages
Netheid
4.7/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Old Curry's Post-weg, Springholm Plaas, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Springholm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Curry's Post-weg, Springholm Plaas, Nottingham Road, 3280, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMe1DHdjGd2HcbDOKDMyjZggJ971Q5bLFuX4LI5g2g775ql8xiy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 Old Curry's Post Road Springholm Farm 3280 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.318694502073 30.078235789025