St Lucia Wilds
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: McKenziestraat 174, St Lucia Estaury, 0000, KwaZulu-Natal
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
St Lucia Wilds bied selfsorg-vakansieverblyf in tuinwoonstelle en is in St Lucia geleë. St Lucia is omring deur 'n wêrelderfenisgebied, die iSimangaliso Wetland Park, 'n ideale basis vanwaar besoekers die ongerepte natuur in een van die oudste en mees diverse reservate kan verken.
Die 2 kothuise is langs mekaar op die grondvloer geleë, met siersteenmure binne en buite. Die 2 gesinskothuise beskik elk oor 2 slaapkamers. Een slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke gesinskothuis het ook 'n badkamer met 'n bad en 'n stort en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste. Die TV het slegs gratis DStv-kanale. Die sitarea het gemaklik stoele en 2 enkelbeddens vir kinders.
Daar is skuifdeure wat toegang bied tot 'n semi-privaat braai-area wat geskei word deur plante en buitemeubels. Die kothuise deel 'n muur maar het aparte ingange en tuinareas met tuinmeubels. Die agterdeur lei na die wasgoeddraad. Onderdakparkeerplek word voorsien.
Alle deure het muskietnette vooraan en rook is verbode binne die eenhede. Geen troeteldiere, groepe of partytjies word toegelaat nie. Daar is 1 parkeerplek per eenheid beskikbaar op die perseel onder 'n motorafdak. Die eenheid word een keer per dag skoongemaak.
Gaste het toegang tot die swembad, uitruilboekrak, besoekersinligting en 'n kaart van die area en WiFi.
St Lucia Wilds is stapafstand vanaf die middedorp. Let asb. daarop dat die eienaar en sy gesin op die perseel woon. Op die perseel is daar ’n gallery en kunsstudio. Die instansie bied toeriste kunsaktiwiteite, wat ’n verfprojek met tee en koek teen ’n ekstra koste insluit. Kwaliteit kunswerke is ook te koop.
Die tuin is wildvriendelik en word netjies en natuurlik gehou om 'n gesonde ekosisteem te handhaaf. Die tuin word besoek deur verskeie diere soos die blouaap, streepmuishond, rooiduiker, bosbok, eekhorings, voëls en soms seekoeie wat langs die meer in die nag wei.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Imelda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 30
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- McKenziestraat 174, St Lucia Estaury, 0000, KwaZulu-Natal
- Gaste dink St Lucia Wilds het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: McKenziestraat 174, St Lucia Estaury, 0000, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang