Lephalale (Ellisras) Akkommodasie by Stevenski's Guesthouse | LekkeSlaap
+65
+65

Stevenski's Guesthouse

5 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R1 224 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 26 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hardekoolsingel 7, Onverwacht, Lephalale, 0557, Limpopo

Beskrywing

Stevenski's Gastehuis staan onder die blaredak van inheemse bome en is ideaal vir voëlkykers en besoekers wat smag na rus. Ons is net 4 ure se ry van Johannesburg af en bied 'n rustige atmosfeer en alles wat die bosveld het om te bied, selfs nagapies speel in ons tuin. By Stevenski's Gastehuis word vreemdelinge vriende en ons strewe is om almal welkom en tuis te laat voel.

Kamers 1 tot 3 is ruim en beskik oor en suite-badkamers met baddens en storte, kamers 4 tot 6 het en suite-storte. Kamers 4 tot 7 is selfsorg-eenhede vir 2 persone. Elke kamer het 'n werkstasie vir sakereisigers.

Ons nuutste toevoegings, kamer 8, 9, 10, 11 en 12 is uitmuntend en het en suite-badkamers met baddens en storte. Elkeen is toegerus met 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware vir 2 persone.

Al die kamers het 'n pragtige uitsig oor die tuin en daar is verskeie buite-areas waar gaste kan ontspan. Koel ook gerus lekker af in die swembad.

Ontbyt en aandete word bedien in die eetkamer met sy groot stoepdeure en uitsigte oor die tuin en swembad. Gaste kan 'n heerlike ontbyt of tuisgemaakte etes hier geniet. Kospakkies is ook beskikbaar op versoek.

Lephalale is in die lieflike Waterberge, sowat 333 km van Johannesburg af geleë. Die gastehuis is strategies geleë in 'n stil buurt, op pad na die Matimba- en Medupi-kragstasie en die Exxaro-myn (sowat 12 km van ons af). Lephalale se FET College, Mogol Club en die winkelsentrum is stapafstand van ons af. Vervoer is beskikbaar na en vanaf die plaaslike vliegveld.

Stevenski's Gastehuis se leuse is "Waar vreemdelinge vriende word" en dit is vir ons belangrik dat jy tuis voel tydens jou verblyf.

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 5 resensies vir Stevenski's Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Hardekoolsingel 7, Onverwacht, Lephalale, 0557, Limpopo
  • Gaste dink Stevenski's Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 224
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 224
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 224
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hardekoolsingel 7, Onverwacht, Lephalale, 0557, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM2MGM0OWU5LWE4MjctNDM2Mi1iZmQxLTE2OTM2YzU4ZTQwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 224  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 4.5 7 Hardekool Crescent Onverwacht 0557 Limpopo 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -23.6866719 27.685829
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za