Stumble Inn Game Lodge
TYD OOR OM TE BESPREEK
Dae
Ure
Min
Sek
Beskrywing
Stumble Inn Game Lodge bied 'n ware bos-ervaring en is op 'n 300 hektaar-bewarea geleë wat as tuiste dien vir baie verskillende wildsbokspesies, verskeie kleiner diere en oor die 200 voëlspesies. Die lodge is malaria-vry en die ideale bestemming vir voëlkykers. Dit is net 40 minute van Dinokeng Wildreservaat af geleë.
Die lodge is in die hartjie van die bos met lieflike berguitsigte. Dit bied verblyf in 5 selfsorg-chalets met privaat buitebraai-areas. Bush Willow is 'n losstaande grasdak-eenheid wat slaapplek bied vir 3 gaste. Wild Pear is 'n groot grasdak-eenheid, net 5 minute se stap van die hoofarea af. Mahogany en Boekenhout is klip-chalets wat slaapplek bied vir 2 gaste. Bougainvillea is 'n klip-chalet wat slaapplek bied vir 6 gaste en ideaal is vir gesinne. Gaste kan by die vermaaklikheidsarea met 'n swembad, braai en beskutte lapa ontspan. Bring jou stapskoene en verkyker om die voëllewe te geniet.
Stumble Inn Guest Lodge is net 20 minute van Cullinan en 40 minute van Pretoria af geleë. Jy kan die diamantmyn besigtig of die restaurante en kunsvlytwinkels besoek in dié historiese myndorp. Cullinan Gholfklub is aan die buitewyke van die dorp geleë.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Stumble Inn Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |