8 gaste
4 slaapkamers
4 beddens
2 badkamers
- Nie-terugbetaalbare tarief is toegepas
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - 14 Bridle Road, Oranjezicht, Cape Town, 8001, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Table Mountain Family Retreat is die ideale plek vir 'n Kaapse wegbreek met die majestueuse Tafelberg as agtergrond. Hierdie pragtige villa word deur 'n rustige ontwerperstuin omring en die smaakvolle dekor en titseltjies plattelandse elegansie waarmee die villa ingerig is sal sorg vir 'n ideale gesinswegbreek.
Die villa het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste, tweede en derde slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak en daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die tweede badkamer.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en bied toegang tot 'n privaat buite-area met nog 'n etenstafel en stoele. Die sitarea het lugversorging en 'n platskerm-TV en bied toegang tot 'n stoep met 'n buite-etenstafel en stoele. Dit lei weer na die lieflike tuin en swembad. Die eenheid het ook gratis WiFi.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Spaar op jou verblyf
Kyk ’n bietjie watter spesiale aanbiedinge by dié blyplek beskikbaar is.
Wat jy moet weet
- Selfsorg
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R4 000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R750 per bespreking
Rook is verbode.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Hierdie word nie deur beurtkrag geraak nie, aangesien daar 'n rugsteunkragstelsel is.
Hierdie prys sluit 10%-afslag in en is nie terugbetaalbaar indien jy kanselleer nie. Jy kan 'n terugbetaalbare opsie by die betaalpunt kies.
Indien jy die terugbetaalbare opsie kies, sal hierdie kansellasiebeleid van toepassing wees:
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |