Thatcher's Rest Self-catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thatcher's Rest Self-catering Cottage is in die pragtige, rustige voorheuwels van die Biggarsberge tussen Ladysmith, Dundee en Newcastle in die noorde van KwaZulu-Natal geleë.

Hierdie lieflike drieslaapkamerkothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 badkamers. Daar is 2 en suite-slaapkamers op die boonste verdieping. Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping met 'n badkamer regs langsaan. Daar is ook 'n ekstra enkelbed vir 'n kind op die tussenvloerverdieping.

Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het sy eie privaat balkon met 'n uitsig oor die dam en die omliggende plaasgebied. Die kamer het 'n koningingrootte-bed met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping met 'n uitsig op die omliggende berge. Die kamer het 2 enkelbeddens en 'n bad, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping en spog met 'n berg-uitsig. Dié kamer gee jou die gevoel dat jy op water dryf. Daar is 2 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word. Die badkamer is nie en suite nie, maar is reg langs die kamer en beskik oor 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kothuis beskik ook oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n gasyskas en -stoof toegerus sodat die kragopwekker nie so gereeld gebruik hoef te word nie. Die gesellige en gerieflike sitarea met sy ekstra hoë plafon het 'n Jetmaster-kaggel vir daardie koue winteraande en groot vensters vir warm somersdae.

'n Lieflike, beskutte stoep kan vanaf die kombuis en die sitarea bereik word en verseker dat die 'kok' nie op die pret wat rondom die groot etenstafel en in die sitarea plaasvind uitmis nie. Daar is 'n deluxe-gasbraai op die buitedek en 'n tradisionele houtbraai by die kuierarea aan die oewer onder die wilgerboom.

Onderdakparkeerplek word vir 2 voertuie voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Thatcher's Rest Self-catering Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thatcher's Rest Self-catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 790 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za