The Beach Cabin
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 18 Aug 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oriole-weg, Port Alfred Sands-kompleks, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 300R1 105 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Beach Cabin is 'n selfsorghuis van hout in die veilige Port Alfred Sands-kompleks. Die kajuit is 'n ideale vakansiehuis vir 'n gesin met 'n uitsig oor die see en ongeveer 300 m vanaf die strand.
Die houthuis bied verblyf aan tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamers én eerste badkamer is op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en bied toegang tot 'n dek. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak.
Die derde slaapkamer is 'n solderkamer met 2 enkelbeddens. Die badkamer bo het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n granietblad, yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, broodrooster, ketel en toonbank. In die eetarea is 'n ronde etenstafel vir 6. Die sitarea het gemaklike rusbanke. Die leefarea lei na 'n dek met stoepmeubels en mooi uitsigte. Langs die kombuis is 'n privaat ingeboude braai.
Op die perseel is 'n motorhuis vir 1 voertuig met nog ruimte vir 'n voertuig wat reg agter die voorste voertuig kan parkeer. Verder i daar is 'n gemeenskaplike swembad met braaigeriewe.
Weens die waterkrisis in Port Alfred gebruik die huis altyd tenkwater. DStv en WiFi word nie voorsien nie.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Robyn Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 55
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Oriole-weg, Port Alfred Sands-kompleks, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink The Beach Cabin het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Beachfront Port Alfred Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oriole-weg, Port Alfred Sands-kompleks, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom