Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Bell's in the Berg

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sangwana-straat 34, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

The Bell's in the Berg bied selfsorgverblyf in Underberg wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groep vriende.

Verblyf word in die hoofhuis en 'n aparte woonstel gebied. Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, waarvan 2 elk 2 enkelbeddens het en een kan in 'n koninggrootte-bed omskep word. Die derde slaapkamer het 1 koninggrootte-bed. Die 2 badkamers het elk 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n eiland met stoele. In 'n aparte opwaskamer is daar 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Dit lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die stoep het sitplek en 'n uitsig oor die welige, groen tuin.

The Bell's in the Berg Flat is 'n bekoorlike eenheid met sy eie ingang en parkeerplek op 'n gedeelde erf in die hartjie van Underberg.

Dié 1-slaapkamer-eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank. Dit en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. Die eenheid lei na 'n stoep en 'n groot erf. Gratis WiFi is beskikbaar.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste het toegang tot braaigeriewe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Sangwana-straat 34, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sangwana-straat 34, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA93a47af55e7f773c68f1b24666ecd26b1c841d293987ba119b6e9d95cd6533c76062dade5c22669dfff834951aad94b2e581?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 3) 34 Sangwana Street Underberg 3257 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.794694974119 29.487664103508
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem