The Croft
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dennis Shepstone-rylaan 1A, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Croft bied gesofistikeerde verblyf met 'n sonkragstelsel in 4 selfsorgkothuise wat in blomryke tuine in die dorpie Hilton skuil. Dié unieke kothuise is omgewingsvriendelik en is van herwinde materiaal gebou. Hier kan gaste in die oggend voëlgesang geniet en die paddas snags hoor kwaak. Die verblyf is tussen welige plantegroei geleë en is die tuiste van 'n klompie diere waaronder 2 donkies wat uit slegte omstandighede gered is, 10 vrylopende hoenders, 2 Nigeriese dwergbokke, en 4 honde.
Elke kothuis bied verblyf aan 2 tot 4 gaste, en het ’n privaat braai-area in die pragtige tuin. The Crofters Loft het ’n koninggrootte-bed en die Hayloft en The Shepherds Loft het elk ’n koningingrootte-bed. Die Farriers-houthuis het ’n dubbelbed en ’n stapelbed wat slegs vir kinders geskik is. The Crofters Loft- en Hayloft-kothuise het elk ’n yskas, mikrogolfoond en gasstoof en The Shepherds Loft en Farriers-houthuis is semi-selfsorg met verhit-en-eetgeriewe insluitend ’n yskas en mikrogolfoond.
Elke kothuis het 1 badkamer met ’n reënstort, wasbak en toilet. Elke kothuis het ook ’n slim-TV met Netflix, gratis WiFi en ’n kaggel binne.
Die perseel het groot tuine met pragtige bome en is veilig met elektriese heinings, alarms en laserstraalsekuriteit buite. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lizzi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Dennis Shepstone-rylaan 1A, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Croft het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hilton Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dennis Shepstone-rylaan 1A, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal