The Gables

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Gables lê aan die oostekant van Clarens en spog met 'n pragtige uitsig oor die Malutiberge.

Die huis bied luukse selfsorgverblyf en het slaapplek vir 14 gaste.

Die onderste deel beskik oor 2 dubbelkamers met koninggrootte-beddens en en suite-badkamers, asook 3 privaat kamers, 1 met 'n koninggrootte-bed en 2 met 2 enkelbeddens wat 'n volledige badkamer deel. Sommige van die enkelbeddens kan op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep word.

Die solder het 2 slaapkamers en altesaam 4 enkelbeddens. 'n Aparte badkamer met 'n stort word gedeel, en daar is lugversogring en 'n klein kombuisie.

Al die kamers het verwarmers en elektriese komberse. Waaiers word ook voorsien. Die leefarea het 'n volledige kombuis, oopplan-leefarea en -eetarea met 'n kaggel en volle DStv. Die huis word daagliks skoongemaak (uitgesluit Kersdag en Nuwejaarsdag). Komplimentêre tee en koffie is met aankoms beskikbaar. Daar is veilige parkeerplek onder 2 afdak-parkeerplekke binne die omheinde eiendom.

Verder is daar 'n swembad, gazebo, 'n binnebraai en 'n kuierarea met 'n buitebraai onder groot bome in die pragtige tuin. Ontbyt word nie bedien nie, maar Highlander Restaurant is net 100 m van hier af. Ons voorsien badhanddoeke, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Kinders is welkom en troeteldiere word toegelaat op hul eie beddens. Dit moet egter vooraf gereël word. Rook is verbode.

Die eerste sak hout word voorsien vir die kaggel in die winter, asook gratis tee en koffie met aankoms.

Slaapplek

'n Bespreking by The Gables sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Gables gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 000 per nag (plek vir 14)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za