The Highland Cottage @ Critchley

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Highland Cottage @ Critchley is 'n kothuis wat op die perseel van 'n hotel in Dullstroom geleë is. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n rustige wegbreek ver van die besige stadslewe.

Die kothuis is smaakvol versier en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, dik gordyne wat die son uithou en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die badkamer beskik oor 'n hoekbad, stort en 'n dubbelwasbakeenheid. Daar is ook 'n wyn-yskas en tee- en koffiemaakgeriewe in die kothuis.

Die kothuis het 2 verstelbare leunstoele en 'n vuurmaakplek in die sitarea. Daar is nie kombuisgeriewe in die kothuis nie, maar gaste kan gebruik maak van die lodge se geriewe en goedversorgde gronde. Daar is veilige parkeerplek naby die kothuis, 'n restaurant en kroeg met 'n dek wat oor die dam kyk, 'n swembad en 'n dam vol vis waar daar visgevang kan word teen 'n ekstra koste.

The Highland Cottage @ Critchley is stapafstand van die besige hoofstraat waar jy lekker kan rondstap en die oulike winkeltjies, kunsgalerye en restaurante in Dullstroom kan verken. Die bekroonde whiskey- en bierproe word ook aanbeveel.

Slaapplek

'n Bespreking by The Highland Cottage @ Critchley sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Haardroër

Geriewe

  •  Swembad
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Highland Cottage @ Critchley gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za