The Oval Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Oval Guesthouse is in die hartjie van Dundee en bied 'n verskeidenheid moderne en suite-kamers vir sakereisigers of vakansiegangers.

Dié en suite-kamers het lugversorging en bied slaapplek aan 1 of 2 gaste in gemaklike beddens. Elke kamer het 'n TV met DStv, en WiFi is beskikbaar. Yskaste is op versoek beskikbaar. Die kamers word daagliks skoongemaak. Let asseblief daarop dat rook in die kamer verbode is.

Ontbyt word bedien in die uJubane-restaurant. Die restaurant is volledig gelisensieerd en het sitplek vir 60 mense. Gaste kan 'n drankie by die Oval Patio Coffee Shop of die Pot-Hole Ladies Bar geniet. Wasgoeddienste is beskikbaar.

Die eiendom is omhein, en daar is veilige parkeerplek op die perseel, agter 'n hek met 'n hekwag en afstandbeheer. Die eiendom het 24 uur-sekuriteitskameras.

The Oval Guesthouse is naby talle geriewe, en Dundee dien as 'n poort na bekende slagvelde.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Oval Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 493 per nag (plek vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za