Cacadu-distrik Akkommodasie by The Rest Farm | LekkeSlaap
+18

The Rest Farm

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: The Rest , Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

The Rest Farm lê aan die bokant van 'n opgaardam diep in die Sneeuberge in die Karoo, sowat 16 km vanaf Nieu-Bethesda op ’n grondpad. Dis die perfekte plek vir gesinne, paartjies en enkelreisigers wat op soek is na rus en vrede met die opsie om deel te neem aan die doendinge op die plaas. Gaan roei op die rivier wat deur die oeroue woud vloei of gaan op lekker lang staptogte deur die berge. Hier kan jy ook bergfietsry, voëlkyk, sterrekyk, dophou hoe koeie gemelk word of help om vee aan te jaag.

The Rest Farm het 2 ongekunstelde selfsorg-kothuise wat groot genoeg is vir 'n gesin. The Shepherd's Cottage is pragtig geleë en bied ongelooflike uitsigte op Alwynkop en Kompasberg. Dié kothuis het 'n volledig toegeruste kombuis, 'n oopplan-sitkamer en 'n -eetkamer, 3 slaapkamers en 'n badkamer. Daar is 'n klein braai-area waar gaste die sonsondergang kan geniet. 'n Groot perskeboom bied in die somer skadu en die ou gebou se dik mure hou die binnekant lekker koel. 'n Kaggel is ook beskikbaar om die ergste winterkoue af te weer.

The Garden House skuil tussen die bome naby die hoofhuis. Die huis is lekker koel in die somer, en 'n ou stoof hou dit in die winter snoesig en warm. Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 2 afgeskorte areas met dubbelstapelbeddens en 'n kombuisie wat goed toegerus is, 'n leefarea en 'n badkamer. 'n Buitestort met warm water is beskikbaar en daar is kompos-toilette naby die huis.

Tuisgebakte brood, plaasetes, plaaseiers en Karoovleis kan op die plaas gekoop word. Die plaas is sowat 'n uur se ry vanaf die naaste kruidenierswinkel, so doen maar eerder jou inkopies voordat jy hier aandoen. Sneeu is nie 'n ongewone verskynsel in die winter nie en vloede skep dikwels in die somer 'n dramatiese prentjie. In die lente kleur pragtige veldblomme en vrugteboom-bloeisels die landskap vrolik in. Warm somersdae kan langs die rivier in die populierbos geniet word. Wanneer dit herfs is, word dié bos in dramatiese rooi, goud en oranje getooi.

Gaste kan 'n egte plaas-ervaring hier geniet ver van die stad se gedruis af. Hier word die intensiteit van die seisoene ook ervaar, die stowwerige droogtes en die modderpaaie wanneer dit reën. Die plaas word met sterk bewaringsbeginsels bestuur en gaste word vereis om dit te ondersteun.

Doen asb. ook navorsing oor ons enkel-, paarjite- en groep-oorde.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 8 resensies vir The Rest Farm
Netheid
2.6/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.1/5

Ligging

  • The Rest , Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Rest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cacadu-distrik Oos-Kaap
Vanaf R500
per nag (plek vir 5)
Vanaf R500
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: The Rest , Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ3OGFkOGFlLWJlYjMtNDY5MS05NWY0LWI3YzViM2FkZDg2Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (plek vir 5) 8 5 1 4 The Rest Nieu Bethesda 6286 Oos-Kaap 086 999 0018 11:00-19:00 12:00 -31.788826202638 24.661290481448
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za