The Slumber Thatch

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Slumber Thatch is in Murrayfield, oos van Pretoria, met maklike toegang tot die N4, N1 en R21 geleë. Of jy oos na wes, of noord na suid in ons pragtige land reis ? The Slumber Thatch is die ideale oornag-verblyf.

Die ateljee tuin-eenheid het 'n Coud 9 koningingrootte-bed, 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n oopblaasmatras vir 'n vierde gas beskikbaar. Die eenheid het 'n ontbyttafel met sitplek vir 4 op die stoep en 'n kombuis wat toegerus is met 'n groot yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof en al die nodige kookgerei, eetgerei en breekware.

Daar is 'n rugsakreisigerskamer in die hoofhuis wat van buite af toegang het. Die kamer bied slaapplek aan 3 gaste met plek vir 'n vierde gas op 'n opblaasmatras, en dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Dié kamer het 'n ketel en mikrogolfoond, en 'n yskas wat gedeel word.

Gaste kan hulself tot 'n gesonde ontbyt, middagete, aandete of versnaperinge help teen 'n ekstra koste. Etes moet vooraf bespreek word.

The Slumber Thatch is in 'n veilige en privaat tuin, in 'n omheinde gemeenskap geleë. Daar is veilige parkeerplek, 'n swembad, braai-area en 'n lapa. Rook is streng verbode.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensie geriewe

  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Slumber Thatch gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za