Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Ultimate Beachfront Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Umvoti-straat, Blythedale, 4449, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 970 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Ultimate Beach Front Home is 'n dubbelverdiepinghuis in 'n kompleks in Blythedale Beach met 'n ongelooflike see-uitsig. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en 2 afstandbeheerhekke wat direkte toegang bied tot 'n lang, ongerepte strand met 'n swemkanaal.

Die strandhuis is elegant en ruim en het 4 slaapkamers met hul eie badkamers. Daar is 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens en die ander twee het 2 enkelbeddens elk.

Daar is 2 swembaddens - 'n binneswembad en 'n randvloeiswembad buite met 'n uitsig oor die see. Die oopplan-kombuis en -eetarea lei na 'n onderdakstoep waar die randvloeiswembad is. Langs die kombuis is 'n aparte sitarea wat lei na die buiteswembad, nog 'n onderdakstoep en die binneswembad. Die kombuis is met 'n dubbelyskas-vrieskas, gasstoof en oond toegerus. Ander geriewe sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, platskerm-TV met sekere DStv en lugversorging in.

Die huis het 'n kroeg en speletjieskamer met tafeltennis. Die grasperk het 'n elektriese heining en direkte toegang to die strand. Daar is ook 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure, en nog onderdakparkeerplek vir 4 voertuie.

Die swemstrand met haainette en lewensredders is 'n entjie verder suid, stapafstand van die kompleks af.

Blythedale is 'n rustige dorpie wat net in die Feestyd besig raak en dus ideaal is vir diegene wat uit die stad wil wegbreek. Die strand is privaat en geskik vir branderplankry en visvang. Blythedale het ook 'n kafee, restaurant met 'n kroeg, en 'n koffiewinkel.

Daar is verskeie gholfbane in die omtrek, soos Princess Grant (7 km), Umhali Country Club en Simbithi Country Club wat albei sowat 20 km van die kompleks af is.

Gaste kan gaan inkopies doen en uiteet by Gateway Mall en Ballito Junction and Lifestyle Center sowat 20 km van die kompleks af. Daar is ook 'n nuwe winkelsentrum op pad na Stanger en gaste kan King Shaka se gedenkteken, sowat 7 km se ry weg, besoek.

Blythedale is naby die St Lucia Wêrelderfenisgebied en 'n uur verder noord is die Hluhluwe Imfolozi Wildreservaat.

Slaapplek

’n Bespreking by The Ultimate Beachfront Home sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 6 resensies vir The Ultimate Beachfront Home
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Umvoti-straat, Blythedale, 4449, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Ultimate Beachfront Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 970
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 970
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Umvoti-straat, Blythedale, 4449, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArPsizF6n1UOSuZVWJ8HdEbuSPSR7aBUOL4aexfdj4VZwQMsIAY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 970 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 Umvoti Street Blythedale 4449 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -29.367015209044 31.355776663389