Great Karoo Akkommodasie by The Vale Karoo Farm | LekkeSlaap
+13

The Vale Karoo Farm

  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 km oos van Beaufort-Wes, 800 m vanaf die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R822 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Vale is 'n aktiewe Karooplaas en is een van Suid-Afrika se top Dorperskaap-teelplase. Boerbedrywighede is uiteenlopend en sluit ook verskeie wildspesies in. Ons is in die hartjie van die Karoo, net 32 km vanaf die Karoo Nasionale Park, en bied 'n heerlike plaas-wegbreek.

Die plaas bied verskeie verblyfopsies en is 'n ideale, bekostigbare rusplek na 'n lang, opwindende dag in die son, óf vir gaste wat tussen Johannesburg en Kaapstad reis.

Dié ou plaashuis uit die 1880's is in 'n luukse, gerieflike lodge omskep en bied verblyf in 5 besonderse en suite-kamers. Gaste kan uitsien na heerlike fynproewerdisse en vriendelike diens.

Daar is 8 klipkothuise wat elk 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie het. Ons 4 gesinskothuise het elk 2 slaapkamers en 'n kombuisie. Langs die kliphuisies is daar plek vir buitelug-avonturiers om 'n karavaan of 4x4 te parkeer met 'n eie braai-area. Gaste kan ook kom aansit by 'n heerlike tuisgemaakte maaltyd in die Guest Lodge.

Die Hunter's Lodge is 'n ou klipskuur wat in gasteverblyf omskep is. Dit bied gerieflike, bekostigbare selfsorgverblyf vir 'n groep familielede of vriende. Daar is slaapplek vir tot 12 gaste. Geniet onvergeetlike aande in die boma onder die Karoo-hemel.

The Vale bied konferensiegeriewe vir groepe van tot 150 gaste. Dit is die ideale venue vir spanbou-aktiwiteite in 'n stil en rustige omgewing. Wat is dan nou beter as om 'n lang dag vol dinkskrums af te sluit met 'n braai onder die Karoo-hemel? Ons bied ook spyseniering indien vooraf gereël.

Die Vale Karoo Plaas is sowat 30 km oos van Beaufort-Wes langs die N1 tussen Kaapstad en Johannesburg, en halfpad tussen Bloemfontein en Kaapstad, elk 500 km ver. Ons het onlangs 'n paar ontspanningsaktiwiteite en verblyfgeriewe bygevoeg om die plaaservaring nóg meer opwindend te maak.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 91 resensies vir The Vale Karoo Farm
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • 30 km oos van Beaufort-Wes, 800 m vanaf die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Vale Karoo Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Great Karoo Wes-Kaap
Vanaf R822
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R822
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 30 km oos van Beaufort-Wes, 800 m vanaf die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDViYjgxZGYwLTRiNzktNDhjMC1hNTY0LTk2NTE1ZjE2Y2U1Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R822  per nag (vir 2 persone) 91 5 1 5 30 km east of Beaufort West 800m off the N1 6970 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.199147648438 22.842292785645
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za