The Venue and Guestrooms On Site

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Venue and Guestrooms On Site is op die N12, net voor jy Potchefstroom bereik van Johannesburg af, geleë. Dit is gerieflik naby skole, sportfasiliteite, opvoedkundige instellings en ander geriewe geleë.

Hierdie gerieflike 3-ster-gastehuis het slaapplek vir altesaam 32 mense. Daar is 5 dubbelkamers, 2 kamers met 2 enkelbeddens, en 2 groepkamers, een met genoeg plek vir 8 gaste, en die ander met genoeg plek vir 10. Al die kamers het en suite-badkamers en privaat ingange. Maak gerus gebruik van ons braaigeriewe in die pragtige privaat tuin. 'n Volledige Engelse ontbyt kan vooraf gereël word teen 'n addisionele koste.

The Venue is ideaal vir klein troues en konferensies. Dit is ten volle toegerus met alles wat jy sal benodig, van eetgerei, breekware, 'n klankstelsel, 'n projektor tot WiFi. Let asseblief daarop dat sommige van hierdie fasiliteite ingesluit is by die prys maar dat dit onderhewig is aan verandering na gelang van die behoeftes van die funksie. Bespreek vooraf om beskikbaarheid te verseker.

24 uur-sekuriteit word voorsien op die perseel. Die gastehuis is die ideale basis vir spanne wat aan byeenkomste in Potchefstroom deelneem.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Venue And Guestrooms On Site gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false