ThelJean Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

ThelJean Cottage bied selfsorgverblyf in die Drakensberg Tuine-area. Dié ouwêreldse kothuis is aan die voetheuwels van die Suidelike Drakensberge geleë. Gaste word omring met die voorkant van die berge en kristalhelder riviere. Die verblyf spog ook met 'n ongehinderde uitsig van Garden Castle en Rhino Horn. Die uitsig van die tuin is indrukwekkend. Dié ligging is ideaal vir beide 'n romantiese wegbreek of 'n gesinswegbreek.

Ons verblyf bied slaapplek vir 12 mense in 3 slaapkamers waarvan 2 en suite is en die ander met 6 stapelbeddens ingerig is. Daar is 'n totaal van 3 badkamers in die huis. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping spog met lieflike uitsigte van die Garden Castle wat vanuit die gerief van gaste se bed aanskou kan word, asook 'n balkon wat oor die tuin en op die berge uitkyk.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 'n eetarea en 'n ruim sitkamer, asook gemaklike sitplek en 'n groot kaggel.

Tydens winter is dit heerlik om gesellig om die vuur en kroegarea te wees. Miskien is jy ook gelukkig om lieflike uitsigte van die sneeubedekte berge, of elande wat in die tuin wei te sien. Somermaande kan gebruik word om in een van die verskeie en nabye bergpoele te baljaar of ander doendinge aan te pak onder meer voetslaanroetes, perdry, gholf, forelvisvang, asook tjoep- en bergfietsry.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Zoeloe

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na ThelJean Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 200 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za