Karoo Akkommodasie by Thornsprings | LekkeSlaap
+89

Thornsprings

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N10, Thornsprings Plaas, 30 km van Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 400 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Thornsprings is minder as 30 km vanaf Middelburg in die Oos-Kaap en bied gehalteverblyf vir 'n gesinsvakansie. Dié sandsteenplaashuis is in 'n Herbert Baker-styl gebou met dik mure en hoë plafonne wat die kamers heerlik koel hou in die versengende somer en knus in die winter.

Die huis is eenvoudig dog funksioneel ingerig met gesellige ruimtes om te ontspan, kook en eet. Daar is gemaklike sitplek, 'n klomp leesstof en die kaggels is van hout voorsien.

Daar is 2 slaapkamers in die hoofhuis, 1 met 'n koninggrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort of net 'n stort. Die kamers kan ook van buite af bereik word met 'n privaat stoepingang. Die ander 4 slaapkamers is in 'n aparte gebou naby die hoofhuis. Die eerste en tweede slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n bad in die en suite-badkamer en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n romantiese buitestort.

Die plaasstyl kombuis is toegerus met alles wat gaste sal benodig vir 'n sorgelose selfsorgwegbreek. Dit het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die stoep strek reg rondom die huis en het oorgenoeg sitplek, asook 'n buitebraai en 'n pizza-oond.

Dié pragtige en unieke huis is die ideale wegbreek vir gaste wat die eenvoud van die lewe in 'n ikoniese landskappe wil beleef. Kom kuier en geniet luilekker dae en 'n sterbespikkelde hemelruim saam met vriende en familie. Daar is nie 'n beter plek om van die gedruis van die stad te vergeet nie, so kom skop jou skoene uit en neem die prag van die Karoo in.

Die oeroue vlaktes van die Groot-Karoo met sy droë rivierbeddings, pastelskakerings en stilte bestaan reeds millennia lank en is al deur jagterversamelaars, pioniers, verkenners en prospekteerders deurkruis.

Slaapplek

’n Bespreking by Thornsprings sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Thornsprings
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • N10, Thornsprings Plaas, 30 km van Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Thornsprings het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karoo Oos-Kaap
Vanaf R8 400
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R8 400
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: N10, Thornsprings Plaas, 30 km van Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuiXh7IWUU10dmdsj1R89DAFnUCjYTI6Y1uJzXbrzlcYhI7YST2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R8 400  per nag (vir 12 persone) 1 5 1 5 N10 Thornsprings Farm 5900 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -31.654921 25.199571
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za