Three Willows
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Buitenkantstraat 1, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R660 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Three Willows bied bekoorlike verblyf in selfsorg-eenhede in Greyton. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike wegbreekplek ver van die stad af.
Die verblyf by Three Willows bestaan uit 3 kothuise met slaapplek vir 2 tot 3 persone. Twee van die eenhede is met mekaar verbind, so dis ideaal vir 'n gesin. Hierdie eenhede beskik elkeen oor 'n koningingrootte- of koninggrootte-bed met 'n en suite-stort, -wasbak en -toilet. Elke eenheid beskik ook oor 'n kombuisie met basiese toebehore en 'n TV met plaaslike kanale.
Op die perseel is daar gratis WiFi en gaste kry 'n gasvryheidspakkie met aankoms. Die gastehuis het 'n swembad met 'n braai-area, asook 'n draagbare braai
Let asseblief daarop dat die volgende geriewe voorsien word: beddegoed, badhanddoeke (gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring), toiletpapier, seep, toiletverfrisser, koffie, koffieverromer, tee, rooibostee, suiker, sout en peper. Gaste moet hul eie drinkwater saambring. Skoonmaakdienste is ook beskikbaar.
Ons het veilige parkeerplek op die perseel vir 'n paar voertuie, maar die res sal oorkant die pad moet parkeer. Three Willows is naby 'n paar koffiewinkels, kroeë en restaurante in die area geleë.
Greyton bied talle doendinge vir avontuurlustige gaste wat onder andere bergfiets- en voetslaanroetes, 4x4-ritte en -roetes, tennisbane, perdry en rolbal insluit.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Buitenkantstraat 1, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Gaste dink Three Willows het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Buitenkantstraat 1, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom