Thronwood Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thornwood Lodge is langs die R516 geleë, ongeveer 40 km buite Bela-Bela en sowat 2 uur van Johannesburg af. Dié groepsvenue is aan die begin van die Waterberge geleë, met die Zebula Gholfbaan aan die westelike kant en Mabalingwe Natuurreservaat aan die oostelike kant.

Die lodge kan 16 gaste akkommodeer en beskik oor 3 chalets en 2 solderkamers. Elke chalet bied verblyf vir 4 gaste en elke solderkamer kan 2 gaste akkommodeer. Elke chalet is toegerus met 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n haardroër, sepies, 'n plafonwaaier, 'n elektriese verwarmer en 'n herlaaibare lamp. Die lodge en die kamers word elke oggend skoongemaaak. Ekstra slaapplek is op slaapbanke beskikbaar, of op matrasse vir kinders.

Gaste het toegang tot 'n sentrale lapa. Dit het 'n kombuis wat toegerus is met eetgerei en breekware, 'n stoof, mikrogolf, yskas en vrieskas. Die lapa het verder 'n kroeg en eetarea, asook sekere DStv-kanale en WiFi. Gaste kan uitsigte van die dek af geniet. Onder die lapa is 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en tafeltennistafel. Daar is 'n pylbord, maar gaste moet asb. hul eie veerpyle saambring. Die lodge spog met 'n randvloeiswembad en 'n geslote boma vir braais of kampvure. Hout is beskikbaar om te koop of gaste kan hul eie saambring. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Oop parkeerplek is naby die verblyf beskikbaar. Toegang tot die verblyf word verkry deur klipperige paadjies. Gaste kan in die nabye omgewing wild gewaar, soos blesbokke, vlakvarke, koedoes, impalas, njalas, zebras, steenbokke en bosbokke. Daar is gholfbane in die omliggende area soos Zebula, Elements, en Koro Creek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thronwood Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 750 per nag (plek vir 16)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]