Tilla's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tilla's Place bied verblyf in 'n volledig toegeruste selfsorg-gastehuis. Slaapplek vir altesaam 8 gaste is beskikbaar, en dis ideaal vir 'n groep vriende of familie wat Kaapstad kom verken.

Die huis het 4 slaapkamers wat 3 badkamers deel. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander kamers het elkeen 2 enkelbeddens. Twee van die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die ander 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Beddegoed word voorsien.

Die huis het 'n kombuis met 'n mikrogolfoond, stoof met oond, yskas. Gaste kan by die etenstafel aansit of in die sitkamer by die TV ontspan. Gedeelde DStv en WiFi is beskikbaar.

Gaste kan gerus die braaigeriewe gebruik en hout word voorsien. Die huis het 'n alarm en daar is parkeerplek vir 3 voertuie agter 'n hek. Lughawevervoer is op versoek beskikbaar. Ons laat ongelukkig nie troeteldiere toe nie, en rook is streng verbode.

Tilla's Place is net 20 minute se ry vanaf verskeie strande, die V&A Waterfront, Tafelberg en die Kirstenbosch Botaniese Tuine. Kaapstad bied ook verskeie ander besienswaardighede, doendinge en wynplase, so daar is ietsie vir almal.

Slaapplek

'n Bespreking by Tilla's Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tilla's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za