Dolphin & Whale Africa Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Beskrywing

Dolphin & Whale Africa Villa met sy 180°-uitsig oor die see, is 'n eksklusiewe en luukse selfsorg-villa met 1 slaapkamer, in 'n privaat woonbuurt in die pragtige dorpie Trafalgar. Trafalgar het 'n Blouvlagstrand en die villa is langs die San Lameer Landgoed. Die villa is net 'n paar minute se ry van Southbroom en Margate in KwaZulu-Natal en die Wild Coast Sun in Transkei af.

Hierdie veilige, privaat villa word omring deur welige subtropiese plantegroei en inheemse bome wat gereeld deur bosbokke en blou- en grys duikers besoek word. Dit bied 'n pragtige, onbelemmerde uitsig oor die Indiese Oseaan.

Kyk vanuit die slaapkamer, kombuis en sitkamer hoe die bultrugwalvisse stadig verbyswem en dolfyne in die see baljaar. Hierdie pragtige soogdiere is ook sigbaar vanaf die sondek met braaigeriewe. Ervaar die prag van die sonsopkoms oor die see en Trafalgar Marine Reservaat, of kyk hoe die volmaan silwer strepe oor die see trek.

Dolphin & Whale Africa Villa is die ideale bestemming vir paartjies wat al die besienswaardighede en doendinge aan die Hibiskuskus wil verken, maar wat ook op soek is na 'n veilige, privaat toevlugsoord ver weg van die stad se gejaag. Dit is ook 'n ideale wittebroodbestemming en die perfekte plek om die jaarlikse sardienloop te volg. Slaapplek is beskikbaar vir maksimum 2 volwassenes en 1 kind.

Dolphin & Whale Africa Villa het 'n toesluitmotorhuis op die onderste verdieping en 'n privaat ingang wat met trappe na 'n groot balkon toe lei. 'n Muur-tot-muur-skuifdeur maak oop in die sitkamer en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die groot vensters in die ruim slaapkamer bied luisterryke uitsigte oor die see. 'n Volledige badkamer met 'n stort en 'n bad is beskikbaar, en linne en handdoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam. Daar is 'n standaard-TV met DStv - jy is welkom om jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart saam te bring. 'n Enkelbed vir 'n derde gas (kind) is in die leefarea beskikbaar.

Trafalgar het 3 natuurreservate: Trafalgar Mariene-reservaat, die Yengeli Woudreservaat en die Impenjati Natuurreservaat. Die dorp self is egter ook geskik vir natuurwandelings, daar is heelwat wild en volop voëls in die boomryke strate.

Groot dele van die dorp is steeds bebos en dus is daar baie wild: blou duikers, gewone duikers, bosbokkies, bosdassies, klipdassies, muskeljaatkatte, groot grysmuishond, en natuurlik blouapies skarrel hier rond.

Rook is streng verbode in die eenheid.

Ons het 5000-liter ekstra water en in geïnstalleerde pom indien daar wateronderbrekings is.

Slaapplek

'n Bespreking by Dolphin & Whale Africa Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dolphin & Whale Africa Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R723 per nag (vir 3 mense)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za