Wildekus Akkommodasie by Trennerys Hotel | LekkeSlaap
+47
+47

Trennerys Hotel

  • Vanaf R1 880 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 110 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Qolora Mouth Kentani, Wildekus, 5214, Oos-Kaap

Beskrywing

Trennerys Hotel is in Qolora Mouth, net 'n klein entjie se ry noord van Oos-Londen geleë. Die hotel bied 'n ouwêreldse bekoring en eg Suid-Afrikaanse gasvryheid. Die skilderagtige, ongerepte Wildekus is die perfekte bestemming vir avonturiers en natuurliefhebbers wat op soek is na rus en vrede, golwende heuwels en ongerepte strande.

Dié verblyf beskik oor 20 gesinseenhede wat almal 2 slaapkamers het, 14 dubbelkamers en 2 kamers wat albei 2 enkelbeddens het. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, daaglikse skoonmaakdiens, tee- en koffiemaakgeriewe en ander gaste-geriewe.

Gaste kan verskeie avontuurlike doendinge in die Wildekus aanpak of net ontspan en die vriendelike atmosfeer by die pragtige swembad geniet. Saterdagaande is legendariese seekosaande, so moenie dit misloop nie.

Geriewe by die hotel sluit die volgende in: skemerkelkies en peuselhappies by die betowerende Anchor Bar, snoeker, rolbal, tennis, vlugbal, klimraam, swaaie en trampolien vir kinders, asook spanbou-aktiwiteite vir sakewegbreke.

Avontuurlustiges kan ook langs die ongerepte natuurlike strande gaan wandel en na verborge skatte soek, voetslaanpaaie volg, begeleide toere aanpak, bergfiets ry, bootvaarte geniet en 4x4-roetes aandurf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe
Jacuzzi
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 5 resensies vir Trennerys Hotel
Netheid
4.8/5
Diens
4.4/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Qolora Mouth Kentani, Wildekus, 5214, Oos-Kaap
  • Gaste dink Trennerys Hotel het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 880
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Wildekus Oos-Kaap
Vanaf R1 880
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 880
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 110 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Qolora Mouth Kentani, Wildekus, 5214, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNkZmQ0ODY4LTNkNTEtNDY5NS05YmNmLTU4MmU2ZDc3NWY4MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 880  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 4.41 Qolora Mouth Kentani Wildcoast 5214 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.634934 28.427151
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za