Kunguru Lodge-Tri Active

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 10 Des 2019 tot 31 Des 2019.

Beskrywing

Tri Active Lodge is in die hartjie van die Grabouw-vallei, tussen welige tuine en vrugteboorde, geleë. Dit is binne maklike bereik vanaf die N2 en bied 'n uitstekende ligging vir verskeie aktiwiteite soos spanbousessies, konferensies, bekendstellings van nuwe produkte, ens. Ons sal jou verwagtinge oortref.

Die lodge beskik oor verblyf vir 63 persone in 23 eenhede met 2 enkelbeddens elk. Die eenhede bestaan uit stylvolle houthutte of permanente tente, almal met en suite-geriewe. Die kamers is gemeubileer met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, het elektrisiteit, haardroërs, ligte, elektriese komberse en 'n tee- en koffiestasie. Bagasierakke en stoele word in die kamer voorsien. Daar is 'n opsie vir 3 gaste in ons gesinskamers met slaapplek vir 4. Doen navraag by bespreking.

Die ruim hoofgebou is geskik vir konferensies en aandete, met die Wildcats-kroeg as die fokuspunt. Op die dek kan jy rustig met 'n skemerkelkie ontspan, terwyl jy die talle voëlsoorte in ons tuin bewonder. Ons uitvoerende sjef voorsien die heerlikste etes vir enigeen se smaak, insluitende spitbraaie, tradisionele braaie en potjiekos. Selfsorg word nie by die gastehuis toegelaat nie.

Die Elginvallei vorm deel van die Kogelberg Biosfeer en is een van die rykste blommeryke in die wêreld. Dit is ook bekend as die Green Mountain Eco Route, die wêreld se eerste Biodiversiteit Wynroete, en die omgewing het baie om 'n besoeker te bied, of dit vir 'n ontspanne naweek of 'n vinnige of rustige bergfietsrit op een van die topklasroetes, enige ander avontuurlustige doendinge, 'n bietjie geskiedenis, staproetes of 'n spesiale geleentheid is. Ons het iets vir almal en alles. Daar is koelklimaatwyne, musiekkonserte, markies en uitstekende gasvryheid. Welkom by die Elginvallei - ontdek sy bekoorlikheid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kunguru Lodge-Tri Active gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 190 R1 071 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 10 Des 2019 tot 31 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za