Adelaide Akkommodasie by Tri-Angle B&B and Guesthouse | LekkeSlaap
+33

Tri-Angle B&B and Guesthouse

18 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Constitution Straat, Adelaide, 5760, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Tri-Angle B&B and Guesthouse is gerieflik geleë langs die R63, stapafstand van die hartjie van Adelaide af, en op die pad van Bedford tot Fort Beaufort. Tri-Angle is 'n skoon, gerieflike en gasvrye gastehuis wat die ideale oornagstop vir reisigers bied.

Tri-Angle beskik oor 10 slaapkamers waarvan 9 en suite-badkamers het. Een van hierdie kamers het 'n bed vir 'n derde persoon, terwyl die res slaapplek vir 2 gaste bied. Die kamers het 2 enkelbeddens of 1 dubbelbed. Elke kamer het 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV (kanale 1, 2, 3 en DStv-kanale).

Ons het 'n heerlike kroeg wat nie gelisensieerd is nie. Jy is welkom om jou eie drankies te bring en die vriendelike geselskap van jou gashere, Muriel en Francois, te geniet.

Ons het 'n groot swembad, binnebraai en welige tuin. 'n Wasgoeddiens kan gereël word. Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar.

As jy reis en hier verbykom, is Tri-Angle die ideale slaapplek. Hier kan jy deel wees van die familie of net so privaat bly soos wat jy dit verkies.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 18 resensies vir Tri-Angle B&B and Guesthouse
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • 7 Constitution Straat, Adelaide, 5760, Oos-Kaap
  • Gaste dink Tri-Angle B&B and Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7 Constitution Straat, Adelaide, 5760, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE1MmY5ZGE2LTdhOGUtNDkwNy04YjIwLTM5MzgyMjRjZTljMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 7 Constitution Street Adelaide 5760 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -32.706577130431 26.298747614789
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za