Tropical Eden 15 Church Street Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tropical Eden 15 Church Street Guest House bied gemaklike selfsorgverblyf in die dorp Patensie - die laaste stop voor die Baviaanskloof-wildernisgebied.

Die gastehuis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite- badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en toegang tot 'n badkamer met 'n stort en toilet. Die gastehuis het 'n oopplan-ingangsportaal, -kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die kombuis is toegerus met eetgerei, breekware, 'n gasstoof wat self aansteek, 'n elektriese stoof, mikrogolfoond en kookgerei. Daar is 'n kaggel binne en 'n groot tuin buite wat dit ideaal maak vir klein gesinne. Die gastehuis het 'n houtdek vanwaar gaste die uitsig kan geniet, asook hul ontbyt onder 'n grasdak.

Die Kougadam is ongeveer 30 km buite Patensie geleë, en die ideale plek vir voëlkyk. Daar is ook staproetes en bergfietsry-areas in die omgewing, sowel as visvangplekke op die Gamtoosrivier.

Slaapplek

'n Bespreking by Tropical Eden 15 Church Street Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tropical Eden 15 Church Street Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 240 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za