Tropical Eden 99 Kloof Road Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tropical Eden 99 Kloof Road Guest House is in Patensie geleë wat die laaste stop voor die Baviaanskloofwildernisarea is. Die gastehuis bied gerieflike verblyf in 3 slaapkamers.

Buiten die 3 slaapkamers is daar 'n houtdek waar gaste die pragtige uitsigte kan bewonder terwyl hulle aan ontbyt smul. Die gastehuis is ideaal vir klein gesinne wat op soek is na rus en vrede. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is 'n ekstra dagbed in die sitkamer. Die gastehuis het ook 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorg en 'n oopplansitkamer. Die kombuis is toegerus met kookgerei, eetgerei, 'n gasstoof wat jy self moet aansteek en breekware. Gaste het toegang tot 'n binnenshuise kaggel en 'n onderdakbraai buite.

Die Kougadam is sowat 30 km buite Patensie geleë en dit is die ideale plek vir voëlkyk. Daar is ook voetslaan- en bergfietsroetes in die omliggende area en visvangplekke by die Gamtoosrivier.

Slaapplek

'n Bespreking by Tropical Eden 99 Kloof Road Guest House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tropical Eden 99 Kloof Road Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 360 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za