Tshwene Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 26 Jun 2019 tot 13 Des 2019.

Beskrywing

Tshwene Lodge bied verblyf in afgeleë, romantiese suites wat in die vallei aan die Taaibosrivier skuil. Dié lodge is in die Welgevonden Wildreservaat en bied rus en vrede aan diegene wat ‘n bietjie wil wegbreek.

Daar is 5 suites wat strategies tussen die boomtoppe geplaas is en privaatheid bied met pragtige uitsigte oor die vallei en heuwels in die verte. Die lodge het slaapplek vir 10. Elke dubbelkamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, ‘n privaat buitestort en ‘n asemrowende uitsig. Ontspan op die privaat houtdek, kyk na die olifante wat verby loop en bewonder die sonsondergang.

Die lodge word deur massiewe klippe omring en bied ‘n gesondheidspa, 2 sitkamers, ‘n swembad, ‘n eetkamer en ‘n buite-eetarea op ‘n groot houtstoep met ‘n ongelooflike uitsig. Maaltye word deur die plaaslike sjef voorberei. 2 daaglikse wildritte word deur ervare veldwagter gebied wat die flora en fauna goed ken.

Dié malaria-vrye reservaat bied verskeie boksoorte, sebras, kameelperde, bobbejane, hiënas, wildehonde en ryk plantegroei. Krokodille kom ook in die water voor en die reservaat het ‘n magdom voëlspesies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tshwene Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R11 200 R8 400 per nag (vir 2 mense)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 26 Jun 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za