LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tsitsikamma Lodge | LekkeSlaap
+37

Tsitsikamma Lodge

Hotel
  • Kapasiteit: 137 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tsitsikamma Lodge, Stormsrivier, Gqeberha (Port Elizabeth), 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Tsitsikamma Lodge is omring deur berge en weggesteek in die woud en is daarom 'n toevlugsoord waar rustigheid, 'n hartlike verwelkoming en vriendelike diens soomloos vervleg vir die perfekte wegbreek.

Die lodge is toegevou in pragtige tuine en die 34 hutte is gemaak van stompe en beskik elkeen oor 'n spa-bad, privaat dek en braaiplek. Daar is ook 'n luukse wittebrood-suite met 'n versonke sitkamer waar jy voor 'n knetterende kaggelvuur kan sit en ontspan. Die suite staan op stelte en is ideaal vir ’n romantiese wegbreek.

Daar is heelwat doendinge in Tsitsikamma soos voëlkyk, perdry, swartwater-tjoepritte en kanovaarte. Volg gerus ook die rivier en wandelpaaie of hou 'n piekniek in die woud. Avonturiers is mal oor die boomtoptoere of om te gaan stap langs ons eie "Striptease" Rivierpad. Besoekers wat 'n bietjie rustiger wil verkeer kan gaan vir 'n behandeling by ons River Spa of vir 'n rustige wandeling na die biblioteek, of afkoelsessie in die swembad. Moenie bekommerd wees as die vars lug jou 'n groot aptyt gee nie - heerlike tuisgemaakte etes word bedien by ons gelisensieerde restaurante.

Tsitsikamma Lodge is ’n hotel vir ontspanning en taktvolle persoonlike dienste word hier gelewer. Ideale verblyf vir gesinne en paartjies wat gehalte tyd saam wil deurbring of vir moeë siele wat smag na 'n blaaskans. Ons het ook konferensiegeriewe vir 40 mense.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 29 resensies vir Tsitsikamma Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Tsitsikamma Lodge, Stormsrivier, Gqeberha (Port Elizabeth), 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink Tsitsikamma Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 137 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tsitsikamma Lodge, Stormsrivier, Gqeberha (Port Elizabeth), 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRkNWVjMTgxLWFkMGYtNDE5Mi04MGFhLTUxOWQxZWRmNDE1MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700  per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 Tsitsikamma Lodge Stormsrivier 6308 Oos-Kaap 086 999 0018 13:00-20:00 10:00 -33.981579157946 24.018854498863
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!