Tsitsikamma Village Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tsitsikamma Village Inn bied unieke akkommodasie vir paartjies, gesinne en avontuurlustiges in Stormsrivier op die pragtige Tuinroete. Die Tsitsikamma-dorpie het verskeie restaurante, sy eie mikrobrouery en is die ideale plek om te bly as jy beplan om die besienswaardighede rondom Stormsrivier te verken.

Die verblyf bestaan uit 49 unieke kamers wat individueel versier is en elk sy eie badkamer het. Ons bied sakpastariewe en gerieflike verblyf. Die meeste van ons unieke kamers is rondom 'n tipiese dorpsplein gebou. Die geboue verteenwoordig verskillende boustyle wat in die Kaap-kolonie gedurende die 1800's gewild was en dié tema is oral in die dorp se geriewe te siene. Daar is gratis WiFi oral in die hotel. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, elektriese komberse, 'n televisie en tee- en koffiemaakgeriewe in.

De Oude Martha Restaurant bedien heilsame en heerlike daaglikse ontbyte, middagetes en aandetes. Die ander gewilde restaurante op die perseel is die karaktervolle Hunter's Pub en die informele Cafe Bacchus.

Langsaan bied Marilyn's 60s Diner 'n terugblik oor die jare met ouwêreldse motorfietse, voertuie, memorabilia en 'n tipiese kafee-spyskaart. Hulle is veral bekend vir reuse burgers en melkskommels. By Tsitsikamma Microbrewery langsaan kan jy van die reeks biere of van die verskeidenheid ander Suid-Afrikaanse boetiekbiere proe.

Ons hotel is die ideale blyplek as jy die omgewing se natuurlike besienswaardighede en avontuur-doendinge in die streek wil besigtig en beleef. Dit sluit voetslaan, bergfietsry, perdry, boomtop-avonture en reksprong in. Tussen uitstappies kan gaste in die swembad baljaar, die haarsalon besoek of in die speletjieskamer speel.

Die hotel is bekend vir sy goeie kos en ouwêreldse atmosfeer. Dit is vir jare lank al 'n gewilde opsie!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tsitsikamma Village Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 465 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za