Uitershoek Guest House
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitershoek Plaas, Leeu-Gamka, 6950, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R740 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Uitershoek Guest House is 'n selfsorg-plaashuis in die Sentrale Karoo en dis sowat 50 km van die bekende toeristedorpie Prins Albert af. Die alleenstaande huis is afgesonder van enige bure. Dis ook sowat 3 km van die N1-hoofweg af.
Dié tweeslaapkamerhuis bied slaapplek vir tot 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die huis en badkamer is rolstoelvriendelik met 'n oprit van die motorhuis af. Rolstoelgebruikers sal ook maklik die vuurpit, wat laag genoeg is om die vuur en braairooster te bereik, kan gebruik.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ketel. Die leefarea het gemaklike sitplek vir wanneer dit reën en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste kan ook hul eie dekodeerder en slimkaart saambring vir ekstra kanale. Kom en ervaar 'n lieflike plaasbraai-ervaring in ons onderdak-vuurpit met 'n groot akasia-houtstompe.
Gaste kan ook die plaas ten volle benut deur te gaan stap of ry in die veld tussen die groentelanderye. Die Swartbergpas naby Prins Albert is net 60 km van ons af. Dié deel van Karoo is 'n bekende tuiste vir koedoes en springbokke en, indien jy gelukkig is, kan jy dalk ook 'n ystervark, duiker of steenbok gewaar.
Let asseblief daarop dat jy grondpaaie sal moet neem om ons te bereik.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Uitershoek Plaas, Leeu-Gamka, 6950, Wes-Kaap
- Gaste dink Uitershoek Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaap Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitershoek Plaas, Leeu-Gamka, 6950, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom