Umdloti Cabanas 32

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Umdloti Cabanas 32 is 'n selfsorg-triplekswoonstel in 'n veilige kompleks op die strand in Umdloti. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid geriewe.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, wasmasjien en ingeboude kaste met breekware en eetgerei.

Die oopplan-eetkamer en -sitkamerarea het 'n mooi houttafel en stoele. Die sitarea het gemaklike en netjiese sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die hoofslaapkamer en sitarea lei na 'n groot balkon met lieflike see-uitsigte.

Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe, waarvan gaste gebruik kan maak. Umdloti Cabanas 32 het parkeerplek vir 1 voertuig en is 'n paar minute se stap van die strand af en 'n paar minute se ry van winkels en verskeie binnenshuise en buitemuurse doendinge af.

Slaapplek

'n Bespreking by Umdloti Cabanas 32 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  WiFi

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umdloti Cabanas 32 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za