Umzimvubu Retreat Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Umzimvubu Retreat Guest House word omring deur ongerepte woude en 'n egte Afrika-landskap met berge, riviere en see-uitsigte. Die perseel word goed onderhou en daar staan 3 skakelhuise wat kan dien as of gastehuis- of selfsorgverblyf. Umzimvubu Retreat se egte Suid-Afrikaanse gasvryheid en huislike atmosfeer laat gaste gou soos vriende voel. Die perseel is pragtig gerestoureer en die houtafwerkings voeg subtiele bekoring by die warm atmosfeer.

Die gastekamers is silwerskoon en elk is gerieflik ingerig. Elke kamer beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n plafonwaaier. Daar is sekere kamers beskikbaar waarin kinders kan deel met hul ouers teen 'n klein ekstra koste. Die wittebrood-suite is ruim en bied al die verwagte geriewe en asemrowende uitsigte, selfs vanuit die badkamer! Meeste van ons kamers bied wonderlike uitsigte, soveel so dat jy selfs die walvisse vanuit jou kamer kan dophou! Elke kamer het 'n privaat ingang en patio waar jy kan ontspan en die prentjiemooi omgewing, en volop voëls, kan geniet met die geruis van die see in die agtergrond.

Ons gashere se vaardige en vriendelike diens dra by tot die knus atmosfeer en maak veral aandete 'n gesellige, ontspanne en onvergeetlike ervaring. Ons voorsien wasgoeddienste, faksgeriewe en WiFi.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umzimvubu Retreat Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za