St Lucia Estuary Akkommodasie by Unit 3 The Bridge | LekkeSlaap
+30

Unit 3 The Bridge

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mckenziestraat, The Bridge Apartments, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Unit 3 The Bridge is ’n moderne selfsorgwoonstel in St. Lucia waar Harry, die inwonende seekoei, luilekker in die son ontspan, in die hartjie van die iSimangaliso Vleilandpark.

Dié luukse woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 kamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, wat na ’n beskutte stoep lei. Die eerste kamer het ’n koningingrootte-bed, lugversorging en ’n moderne en suite-stort. Die tweede kamer het ’n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het ingeboude kaste, bedkassies en ’n speëltafel. Die tweede badkamer het ’n bad, wasbak en toilet. Die beddens het katoenlinne en katoenbadhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof met ‘n stoomwaaier, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër en graniettoonbank. Die eetarea het ’n etenstafel vir 6 en ’n kisvrieskas. Die sitarea het lugversorging, ’n L-vormige sitkamerstel en ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea het ’n skuifdeur wat lei na ’n beskutte stoep met horkies vir privaatheid. Die stoep het ook ’n L-vormige rusbank, koffietafel met ’n uitsig oor die riviermond en ’n gasbraai. Harry, die seekoei, ontspan naby die woonstelstoep. Daar is nog ’n braai-area wat met die eenheid langsaan gedeel word, maar gaste het hul eie braai in die area.

Slaapplek

’n Bespreking by Unit 3 The Bridge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 5 resensies vir Unit 3 The Bridge
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Mckenziestraat, The Bridge Apartments, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Unit 3 The Bridge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mckenziestraat, The Bridge Apartments, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb4d8e24a9440d39a54305598f46529a199d01905323fb20fb79cb2eef372df1986af37c2b8a61edea7f48b2790d01081f29e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (vir 6 persone) 5 5 1 5 Mckenzie Street The Bridge Apartments 3936 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.372421 32.412231
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za