V'Kansi Khaya

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

V'Kansi Khaya is 'n splinternuwe eiendom in die prentjiemooi dorpie, Clarens, in die Oos-Vrystaat. Kom ervaar die rus, vrede en wonderskone uitsigte op die berge wat Clarens omring. Die eiendom is binne stapafstand vanaf die middedorp.

Die selfsorg-chalet is 'n nuwe tweeslaapkamer-eenheid met 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne, handdoeke en elektriese komberse word voorsien. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met 'n DStv Premium-pakket en 'n HiFi. Daar is ook 'n ten volle toegeruste kombuis met al die nodige geriewe. Gaste kan ook gebruik maak van die dek met 'n braaiplek en dubbelmotorafdak. Let asb. daarop dat daar geen wasmasjien is nie.

Die selfsorg-ateljeewoonstel is toegerus met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met slegs 'n stort. Die sitkamerarea het 2 gemaklike stoele en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, broodrooster en al die nodige toebehore, eetgerei en breekware. Die ateljee het ook 'n dek met pragtige uitsigte op die berge en 'n Weber-braai. Daar is 'n motorafdak en dis volledig omhein. Slegs gaste wat bespreek het, word in die eenhede toegelaat. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Die eenhede word nie skoongemaak nie en is selfsorg. Daar is 'n wassery in Clarens.

Clarens is 'n toevlugsoord vir kunstenaarsiele en daar is 'n toenemende aantal kunstenaars wat hulself hier kom vestig in hierdie skilderagtige landskap. Daar is talle kunsgalerye en kunsvlytwinkeltjies in die dorp waar besoekers kan gaan snuffel vir geskenke en oorspronklike kunswerke. Presidentstraat het 'n meer bekostigbare versameling winkels wat alles van pottebakkery, kerse en geskenkwinkels bied. Die sandsteengeboue is 'n kenmerkende eienskap van Clarens en hul argitektuur dra by tot die prag van hierdie stuk aarde. Dié pragtige huise is fantasties om af te neem en lekker om in te bly.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na V'Kansi Khaya gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 R520 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za