Vaalkloof Boskamp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vaalkloof Boskamp is tussen Groblershoop, Kenhardt en Upington, aan die rand van die Kalahariwoestyn in die Noord-Kaap geleë. Dié kamp bied gaste 'n unieke ervaring in die rooi landskappe en is perfek vir die avontuurlustiges.

Verblyf word aangebied in 4 gemeubileerde en ingerigte kothuise. Daar is 2 badkamers en 1 kombuis. Die kamp kan tot 9 gaste op 'n slag akkommodeer en is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n dubbel- en enkelbed. Die derde en vierde kamer het 2 enkelbeddens elk. Die badkamers het toilette, storte en wasbakke.

Die kombuis en leefarea is in 'n vrystaande eenheid. Die kombuis is toegerus vir basiese selfsorg met 'n gasstoof en wasbak. Daar is ook ’n kroegarea en etenstafel met sitplek vir 8 in die leefarea.

Gaste kan wildkyk, fietsry en voetslaan in die pragtige Kalahari.

Slaapplek

'n Bespreking by Vaalkloof Boskamp sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vaalkloof Boskamp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 250 per nag (vir 9 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false