VayKZN Umdloti
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: North Beach-weg 15, Umdloti, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
VayKZN Umdloti is 'n pragtige selfsorg-eenheid op die strandfront in Umdloti, tussen Umhlanga en Ballito aan KwaZulu-Natal se Noordkus. Dié woonstel is ideaal vir 'n gesin of 'n vriendegroep wat smag na 'n heerlike vakansie.
Die oopplan-woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 'n groot semi-onderdakbalkon met uitsigte oor die branders. Die woonstel is volledig ingerig met lugversorging, 'n dubbelvolume-yskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n 55" TV met DStv-Premium. Die kombuis is toegerus met glasware, breekware, eetgerei, kookgerei en toebehore. Daar is ook twee stelle van 6 plastiek koppies en borde vir kinders.
VayKZN spog met 'n groot, gedeeltelik-onderdak balkon met 'n uitsig oor die rotsbrekers. 'n Onderdakbraai voltooi hierdie onthaalarea.
Gaste het toegang tot komplimentêre vinnige WiFi. VayKZN word daagliks skoongemaak van Maandag tot Vrydag. Skoonmaakdienste oor naweke en openbare vakansiedae kan vooraf gereël word. Die woonstel is toegerus met wasgoedgeriewe, maar gaste kan steeds direk met die skoonmaakmaatskappy reël vir wasgoeddienste.
Daar is aangewese onderdakparkeerplek vir 2 standaard voertuie agtermekaar op die perseel. Dis baie sentraal geleë binne stapafstand van verskeie winkels, restaurante en doendinge. Daar is 'n swemstrand oorkant die woonstel en 'n kindervriendelike getypoel is 'n kort afstand weg.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Alandra Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- North Beach-weg 15, Umdloti, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink VayKZN Umdloti het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umdloti Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: North Beach-weg 15, Umdloti, 4319, KwaZulu-Natal