Vhafamadi Bed And Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vhafamadi B&B is 'n gastehuis in die Makwarela "township", slegs 'n paar kilometer vanaf Thohoyandou se middestad. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike akkommodasie vir 'n vakansie of sakewegbreek.

Verblyf by Vhafamadi word aangebied in 21 slaapkamers wat elk smaakvol versier is. Die kamers is of ingerig met 2 enkelbeddens of met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Geriewe in die kamer sluit in: lugversorging, 'n telefoon, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe.

'n Heerlike ontbyt word in die restaurant bedien. Ander smaaklike maaltye en 'n à la carte-spyskaart is ook beskikbaar. Vir die sakereisiger het die perseel ook 'n konferensielokaal en kan ons spyseniering voorsien vir sosiale byeenkomste.

Daar is veilige parkeerplek vir gaste op die perseel beskikbaar. Ons is na aan verskeie winkels en restaurante. Die perseel is ook net 'n kort motorrit weg van ander besienswaardighede.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vhafamadi Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za