Views
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Le Roux-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R890 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Views is hooggeleë in 'n stil area van Clarens en bied die pragtigste uitsig op die Rooiberge, die Golden Gate-area en die Malutiberge vanuit die kamers en ook vanaf die stoep.
Views beskik oor 2 aparte selfsorg-eenhede, elk met 'n kombuisie en badkamer. Gratis WiFi is beskikbaar.
Eenheid 1 het slaapplek vir 4 volwassenes in 'n aparte hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n tweede kamer met 2 enkelbeddens.
Eenheid 2 is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Hier is slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.
Elkeen van die eenhede het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n eetarea. Die eenhede beskik elkeen oor 'n TV met DStv.
Elke eenheid het 'n houtkaggel vir die koue winteraande, en hout word voorsien.
Die eenhede bied elkeen toegang tot 'n balkon met 'n Weber. Onderdakparkeerplek word vir elke eenheid voorsien, sowel as ekstra parkeerplek vir besoekers. Ingeboude braaigeriewe is ook onderdak beskikbaar.
Views is net 1,6 km van die plein in Clarens af waar gaste verskeie winkels en restaurante sal raakloop. Views grens aan die Clarens Bergnatuurreservaat en is aan die begin van verskeie stap- en bergfietsroetes geleë. Die Clarens-dam is stapafstand vanaf die huis en ideaal vir swem, visvang en pieknieks in die somer.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Langs Le Roux-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Views het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Le Roux-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom