Port Edward Akkommodasie by Villa 1356 Ekubo Coastal Estate | LekkeSlaap
+65
+65

Villa 1356 Ekubo Coastal Estate

Selfsorg
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofsuidkus-weg R61, Leisure Bay, Port Edward , 4295, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Villa 1356 Ekubo Coastal Estate is 'n 432 vierkante meter-dubbelverdiepingselfsorghuis op die veilige Ekubo Kuslandgoed in Leisure Bay, Port Edward. Dié landgoed het 24 uur-sekuriteit, direkte toegang tot 2 strande en 'n klubhuis met 'n swembad, speelarea vir kinders, muurbalbaan en 'n gimnasium.

Verblyf is beskikbaar in 'n villa wat geskik is vir 8 volwassenes en 2 kinders onder 12. Daar is 4 slaapkamers, 4 badkamer, 'n gastetoilet, oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea en 'n balkon wat rondom die villa strek.

Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort en skuifdeure wat na die balkon lei. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-stort, asook 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die kamer het 'n skuifdeur wat na 'n klein privaat stoep lei met stoele. Elke kamer het lugversorging.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, gaskookplaat en elektriese oond toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 en in die sitarea is daar 'n TV met 'n DStv-speler en sekere DStv-kanale. Die leefarea het skuifdeure wat na 'n onderdak-kuierbalkon lei wat sitplek, 'n etenstafel, vuurput, privaat swembad en sonstoele het. Gaste kan walviskyk vanaf die balkon.

Slaapplek

’n Bespreking by Villa 1356 Ekubo Coastal Estate sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed Kinderstapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Hoofsuidkus-weg R61, Leisure Bay, Port Edward , 4295, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofsuidkus-weg R61, Leisure Bay, Port Edward , 4295, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA23695c81a64c4fb724fb1b12bcfe32b36bef42dc977a89c90d73ef7f9518c0a3d126ecdf303b6194504b6a4eb0db74d9c2ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (plek vir 8) R61 Main South Coast Road Leisure Bay 4295 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -31.037858735354 30.222571942191
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za